Waarom betaal boere aan die Vergoedingsfonds?
Elke boerdery in Suid-Afrika moet geregistreer wees by die Vergoedingsfonds in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes (COIDA). Die boer betaal elke jaar 'n aanslag op sy werkers se lone. Daarmee is werkers gedek vir mediese koste, lone terwyl hulle van diens af is, en vergoeding by permanente besering. Boerderye betaal van die hoogste tariewe van alle sektore, so dit is die moeite werd om seker te maak dat jy nie meer betaal as wat jy moet nie.
Boere is prysnemers: wanneer insetkoste styg, kan dit selde aan die verbruiker oorgedra word. Daarom tel elke koste wat jy wel kan verlaag. Baie boere met 'n pakhuis betaal steeds die boerderytarief van 2,65% op pakhuiswerkers se lone, terwyl 'n pakhuis-subklas so laag as 0,51% kan wees.
Kontak onsSien die besparingDieselfde werker, dieselfde loon – tot vyf keer minder heffing, mits die pakhuis korrek geregistreer is.
Lone styg, plaastarief styg, pakhuistarief daal
Die minimumloon is die grootste inset wat die boer nie kan beheer nie, en omdat COIDA as 'n persentasie van lone bereken word, styg jou COIDA-rekening saam met elke loonverhoging. Terselfdertyd het die tarief vir plaaswerkers elke jaar gestyg en die tarief vir pakhuiswerkers elke jaar gedaal. Is jou pakhuiswerkers saam met die plaaswerkers geregistreer, betaal jy die duurste tarief op die duurste lone.

Diesel, kunsmis en elektrisiteit is ander insetkoste wat ook buite jou beheer is.
Nie elke werker op die plaas dra dieselfde risiko nie
Die Vergoedingsfonds deel werkgewers in subklasse in, elk met sy eie aanslagtarief volgens die risiko van die werk. Wanneer pakhuiswerkers saam met plaaswerkers geregistreer is, betaal jy die hoër boerderytarief op hulle lone ook.


| Subklas | Wat dit dek | Tarief |
|---|---|---|
| 0114 | Grondbewerking (gewasse, boorde, wingerde) en bosbou | 2,65% |
| 0612 | Pakhuis: sortering, gradering en verpakking van vrugte | 0,51% |
| 0613 | Pakhuis: verwerking van vrugte en groente | 0,81% |
Tariewe volgens die Vergoedingsfonds se tarieweregulasies (Staatskoerant 43959 van 2020 en 44409 van 2021).
Die dominante werk tel
Die Fonds klassifiseer 'n werkgewer volgens wat die besigheid hoofsaaklik doen. 'n Pakhuis met sy eie werkers en bedrywighede kan as 'n aparte tak geregistreer word.
'n Verkeerde subklas is regstelbaar
As jou geregistreerde subklas nie meer pas by wat jy doen nie, kan daar by die Fonds aansoek gedoen word om dit reg te stel.
Elke jaar weer
Die besparing is nie eenmalig nie. Dit herhaal elke keer wanneer jy jou jaarlikse verdienste verklaar, en groei saam met jou loonstaat.
Hoeveel betaal jy te veel?
Beantwoord vier vrae oor jou pakhuis. Die sakrekenaar wys dan hoeveel COIDA jy nou op jou pakhuiswerkers betaal, en hoeveel jy sal betaal as die pakhuis apart in die regte subklas geregistreer is.
Die berekening is 'n skatting: werkers × maande × maandloon = jaarlikse lone, en COIDA = lone ÷ 100 × tarief. Die plaaswerkers se lone verander nie en word nie hier ingesluit nie. Werklike bedrae hang af van jou loonstaat, die verdienste-plafon en die Fonds se kennisgewing van aanslag.
Wat ons reeds vir boere bereik het
Met 'n gemiddelde besparing van R368 000 (42%) op die aanslag.
Boerderye gehelp met COIDA-probleme by die Vergoedingsfonds, insluitend dié wat verkeerd geregistreer was.
Lone aan beseerde werkers betaal, van die Vergoedingsfonds ingevorder. 1 000 werksbeserings verwerk.

Ons help boere met pakhuise regoor die land





Hoe ons jou help
Gratis oorsig
Ons kyk na jou huidige registrasies: hoeveel entiteite, watter subklasse, en waar pakhuiswerkers tans aangegee word.
Besparing bereken
Op grond van jou loonstaat wys ons presies wat die verskil tussen die boerdery- en pakhuistarief vir jou beteken.
Aparte registrasie
Ons hanteer die aansoek by die Vergoedingsfonds om die pakhuis as aparte tak in die korrekte subklas te registreer.
Bly in goeie stand
Ons verklaar jou jaarlikse verdienste elke jaar korrek, sodat jou Brief van Goeie Stand geldig bly vir uitvoer en kontrakte.
Het jy 'n pakhuis op die plaas?
Laat ons kyk of jy te veel COIDA betaal. Die oorsig is gratis en sonder verpligting.
Kontak ons064 360 2638 · support@workaccident.co.za · Ons help in jou taal.
Kyk en luister
Landbouweekliks: Die Wet op Beroepsbeserings en siektes
Meer as Grond, seisoen 1, episode 6
