Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes (COIDA), 1993
- Verlies van inkomste, indien die werker nie meer 'n salaris ontvang en nog steeds afgeboek is kan die Fonds die werker direk betaal en die Fonds sal ook die boerdery vergoed vir die lone wat aan die beseerde betaal was.
- Waar 'n beseerde 'n permanente besering opgedoen het, byvoorbeeld die werker het 'n vinger verloor, kan daardie werker kwalifiseer vir 'n betaling vanaf die Vergoedingsfonds.
- By die sterfte van 'n werker kan die familie kwalifiseer vir 'n maandelikse pensioen en die begrafnis onkoste kan betaal word.
- Dokters en hospitale word direk deur die Fonds betaal aangesien die Vergoedingsfonds ook 'n mediese fonds is. Produsente wie werkers vervoer vir mediese behandeling kan die petrol onkoste terug eis.
- bewusteloos raak;
- sterf;
- 'n ledemaat verloor of deel van 'n ledemaat;
- andersins beseer is of in so 'n mate siek word dat hy/sy waarskynlik sal sterf;
- ly aan 'n permanente fisiese gebrek;
- waarskynlik vir 'n tydperk van ten minste 14 dae nie in staat sal wees om óf te werk nie.
- ly aan 'n beroepssiekte.
Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 2022
Op 17 April 2023 is die nuwe COIDA Wysigingswet gepubliseer en die Vergoedingsfonds is tans besig om regulasies op te stel wanneer dit geiimplimenteer sal word.
So help on Produsente
Produsente en hul werkers speel die mees belangrike rol in die waardeketting van voedselsekuriteit en hierbenewens moet hulle ook aan van die strengste arbeidswetgewing-regulasies voldoen. Dit plaas ‘n geweldige administratiewe lading op produsente en hulle betaal ook van die hoogste tariewe aan die Vergoedingsfonds. Produsente is so ver as ‘n 200 km weg van ‘n Departement van Arbeid en hulle sukkel om werksbeserings te rapporteer en kry selde enige gelde terug wat betaal was vir lone aan beseerde werkers en in sekere gevalle sukkel hulle jare om foute op rekeninge reg te stel. Met die nuwe wysigingswetgewing gaan dit baie belangrik wees vir produsente om te roep op die kundigheid van iemand op die gebied van werksbeserings om stappe in plek te bring om van die groot boetes te voorkom.

Registrasie van boerdery
All besighede insluitend boerderye moet binne 7 dae registreer by die Vergoedingsfonds nadat die eerste werker aangestel is en ons sal die boerdery op die regte subklas registreer. Waar die registrasie nie aanlyn gedoen kan word nie, sal ons die dokumente per hand by die Vergoedingsfonds aflewer.

Verklaar lone jaarliks aanlyn
Lone en salarisse van werkers en direkteure moet jaarliks aanlyn verklaar word en die rekening is betaalbaar binne 30 dae. Besighede het die opsie om die rekening in paaiemente te betaal en ons kan die ooreenkoms tref. Ons sal die besigheid maandeliks herrinner aan die betaling, indien van toepassing.

Brief van Goeie Stand

Rapporteer werksbeserings
Alle werksbeserings moet binne 7 dae gerapporteer word aan die Vergoedingsfonds en beroepssiektes binne 14 dae en versuim om dit te doen sal 'n boete opgelê word. Besighede moet die werker se salaris betaal tot 3 maande afgeboek is en dit terug eis.

Aanvaar aanspreeklikheid
Alle inligting en vorms moet voorsien word vir die aanvaarding van die eis vir die betaling van redelike mediese onkoste en vergoeding. Die Vergoedingsfonds is ook 'n mediese fonds en moet alle redelike mediese onkostes betaal as die eis aanvaar word.

Terugbetaling van lone
Die boerdery moet die werker se salaris betaal tot 3 maande van diens afgeboek en dit terug eis van die Vergoedingsfonds sodra die werker terug is by die werk. Die fonds sal 75% van die werker se lone soos ten tyde van ongeval terug betaal.
Aanlyn stelsel, Compeasy
In 2019 het die Vergoedingsfonds oorgeskakel na 'n nuwe elektroniese platform, Compeasy, waarop werkbeserings voortaan gerapporteer moet word. Alhoewel 'n eisnommer onmiddellik uitgereik word sodra 'n besering geregistreer is op die stelsel sukkel baie gebruikers om 'n profiel te skep. Dit kan gemiddeld 5 tot 7 dae neem om 'n werkbesering te registreer by die Departement van Indiensneming en Arbeid, maar slegs minute om 'n besering te registreer op Compeasy. Deur 'n profiel te skep op Compeasy kan boetes voorkom vir die laat rapportering van werkbeserings en die eis nommer kan onmiddellik aan die dokter voorsien word om te eis vir die mediese behandeling aan die werker.