


Ons werksaamhede is gegrond op die volgende waardes:
- Integriteit: Ons tree altyd eerlik en regverdig op.
- Empatie: Ons verstaan die emosionele impak van 'n werksbesering.
- Doeltreffendheid: Ons is daaraan toegewyd om doeltreffende oplossings te vind vir jou probleem.
- Kliëntediens: Jou tevredenheid is ons prioriteit.
- Uitnemendheid: Ons streef daarna om uitnemendheid te bereik in alles wat ons doen.
Voorbeelde van ons werksaamhede:
Ons was genader deur 'n boerdery wat reeds vir 10 gesukkel het om 'n rekening reg te stel met die Vergoedingsfonds. Die boerdery is verkeerde rekening van meer as R16 000 uitgereik en het gereeld die Departement van Arbeid telefonies en per epos gekontak en ook honderde kilometers gery na hulle kantore. Ons het die proses oorgeneem en die presiese dokumente aan die Departement voorsien om die probleem uit te sorteer. Die foutiewe rekening was suksesvol reggestel en die boerdery boerdery moes saan die einde van die dag slegs R905 betaal.
Nog 'n voorbeeld:
'n Produsent in die Vrystaat het ons genader om 'n werksbesering namens die boerdery te rapporteer. Ons het dit suksesvol gerapporteer en nadat ons dit gefinaliseer het, het ons opgelet dat die besigheid as 'n vervoermaatskappy geregistreer is en nie as 'n boerdery nie. Ons het dit onder die aandag van die eienaar gebring. Hy het nie kennis gedra het van die fout nie. Ons het al die nodige papierwerk verkry en aangesoek gedoen vir die verandering van die subklas. Dit is goedgekeur en die tarief wat die produsent nou betaal gaan verminder van R3,47 per R100 in lone na R1,65 per R100 wat n lone uitbetaal word.
Jongboer van die Jaar 2023



.
Soos verskyn op





