• Is jou boerdery gereed vir die nuwe COIDA wysigings?
      
    Hierdie wysigings gaan verreikende finansiële en wetlike gevolge inhou vir nie-nakoming  
Op 17 April 2023 was die nuwe Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en siektes, 2022 gepubliseer en die meer as 30 800 produsente wat geregistreer is met die Vergoedingsfonds moet genoegsame kennis hê hoe om die massiewe boetes te voorkom wat uitgereik sal word vir nie-nakoming.
Maak 'n gratis afspraak

Uitdagings vir produsente

Besighede in SA insluitend produsente het in 2021, R10,7 miljard aan die Vergoedingsfonds betaal om hul werkers te dek teen werkbeserings en gedurende hierdie tyd het die Fonds slegs 47% van sy doelwitte bereik, dus is dienslewering moeilik bekombaar en baie produsente sukkel met van die volgende uitdagings:
      • Produsente betaal dikwels self die mediese rekeninge en vervoer werkers wat mediese behandeling moet ontvang en eis selde die mediese onkoste terug.
      • Hoë tariewe betaalbaar aan die Vergoedingsfonds.
      • Werkbeserings neem toe en dit veroorsaak meer papierwerk.
      • Beserings van buitelandse werkers met paspoorte kan nie aanlyn aangemeld word nie en moet per hand ingedien word.
      • Produsente eis selde die lone terug wat aan beseerde werkers betaal was nie en verloor duisende rande.

Administrasie en konsultasie

  1. Maak 'n gratis afspraak om te bespreek watter COIDA dienste jou boerdery benodig.
  2. Ons bepaal of die boerdery onder die korrekte subklas geregistreer is en die regte rekening betaal.
  3. Ons registreer 'n Compeasy profiel om werksbeserings op dieselfde dag te kan registreer. 

Werkgewer rekening

1. Ons sal bepaal of alle betalings verskyn op die  rekening. 
2. Of die boerdery onder die regte subklas val.
3. En doen aansoek om die subklas te verander. indien nodig, wat groot besparings sal meebring.

Werksbeserings

1. Registreer 'n Compeasy profiel (VERPLIGTEND)
2. Registreer die boerdery se bankrekening.
3. Verkry 'n rekord van alle beserings en bepaal waar gelde betaalbaar is en eis dit terug.
4. Rapporteer huidige beserings.

Opleiding

Met die toenemende veranderinge in arbeidswetsgewing is dit noodsaaklik dat alle rolspelers op hoogte bly van hierdie veranderinge en ons sal boerderye op hoogte hou van die nuwe COIDA Wysigingswet en ander kennisgewings.
  • Boerderye spandeer baie tyd om werkbeserings te rapporteer en sukkel dikwels om enige gelde terug te kry wat aan beseerde werkers betaal was wat lei tot finansiële verliese.
  • Ons het reeds honderde beserings gerapporteer en het meer as R2,5 miljoen ingevorder die laaste paar jaar namens besighede vir lone wat aan beseerde werkers betaal was.

Ons fooi struktuur

Ons het betalings opsies soos en wanneer 'n diens benodig word asook opsies waar 'n fooi per jaar betaal word wat verskeie dienste insluit. Kontak ons gerus oor hierdie opsies. 
Maak 'n gratis afspraak

Wie ons suksesvol gehelp het

Ian Cunningham, 2022 Agri WK Jongboer

As wenner van AGRI Wes-Kaap se Jongboer in 2022 kon ek die dienste van Work Accident Support, as borg, gebruik. Ons het vir jare 'n groot probleem gehad met ons Vergoedingsfonds omdat ons die aard van ons boerdery verander het. Stephan het alle rekords vanaf die Fonds bekom en kon aan ons verduidelik presies wat op die rekening gebeur het en kon al ons vrae beantwoord. Sy kundigheid op hierdie gebied is ongeëwenaard en hy het ons bygestaan om die vorige jare se rekeninge reg te stel en boetes verhoed wat opgelê kon word. Ek kan nie hoog genoeg praat van Stephan se bystand nie, en dit was beslis een van die uitstaande pryse van die kompetisie. 'n Groot dankie aan Stephan. Ek wil enige iemand versoek wat kwessies het met die Vergoedingsfonds, om kontak met Stephan te maak.